Hermien

Ek is gebore in die hartjie van die Swartland (Malmesbury) op 2 Oktober 1973. Op dertien jarige ouderdom verhuis ek saam met my ouers Kaapstad toe. Ek matrikuleer aan die Hoërskool President, trek Stellenbosch toe, raak verlief, trou en werk as tak bestuurder vir Vodacom. Na my eerste dogter se geboorte pak ek die bankwese aan, studeer Suid Afrikaanse Bankwese en kry nog 'n dogter by. Vyf jaar gelede pak ek die bul by die horings en maak my los van die professionele wêreld. Ek dig en skryf al vandat ek kan onthou, gee deesdae kunsklasse, speel kitaar en stuur nou en dan 'n manuskrip weg en hoop vir die beste.

Haikoe-kompetisie: Haikoe 1 deur Hermien Strumpher

Hermien 2012-11-21 Hermien Strumpher se haikoe vir ons kompetisie.
Top