Gematrikuleer te Hugenote Wellington en drama geswot op Stellenbosch.
Deelgeneem aan en gespeel in radio-oorklanking, TV, film – voor die kamera asook agter die kamera.
Hou van kreatiwiteit in verskillende kunsvorme en dink graag “anamorfies” en in “personifikasie” oor die natuur – iets wat in die Afrikaans-klas amper, soos in katkisasie, as ’n heidense -isme-dwaling gesien is – amper soos om die natuur te aanbid – al daai dwalinge is ek toe.
Geleidelik begin uitdrukking gee aan Bamboesina, ’n karakter wat haar vereenselwig met die see se sake en graag die wêreld wild en vry wil hou ter wille van selfbehoud.
***
Matriek: Hugenote Wellington, BA Drama Stellenbosch, 1988
TV en film: Joanie in Nag van die Negentiende, Mandie in Hagenheim, Angela in House of love, Vygie in Villa Rosa, Lieze in Amalia, Dumu in Dumu die draak.
RSG: Oa Sumien in Evert en Marie Snyman se radiovervolgverhaal Insimbi, ’n weeklikse kunsinsetsel, radioteaters, ’n boekvoorlesing van Deborah Steinmair se Poppekas, aanbieder van ’n weeklikse kunsrebriek in 2000’s.
Teater: Breughel, Vreemde pierings (Teaterhuisie KKNK Aardklop), Torso-Tong (Winybrow, Arts Alive en KKNK).
Kamera: vir Grotman-produksies, SABC 50/50-insetsels, die pikkewynedraad vir Carte Blanche, Op Theefontein (dokumentêr oor Antoinette Pienaar en oom Johannes vir kykNET, Labia (Cape Town International Eco Film Festival), Once upon a time at Stony Point – 5-minuut-kortfilm oor die traumatiese pikkewynedraad, en Wavescape Film Festival).
Kuns: ’n Bamboesina-solo-kunsuitstalling by Alliance Francaise in Jhb 2013, gaskunstenaar by Baardskeerdersbos Art Route 2018 en 2019, en FynArts Hermanus 2018.
Skryf: McGregor Poetry Festival 2016, 2017, 2018 deelgeneem as uitvoerende digter.
My Wilde Woeste Winde is opgeneem in The life righting collective van Dawn Gaerish se This is how it is in 2018.