Hermanus CM Vosloo

Hermanus CM Vosloo (BSc Hons, HOD (Vrystaat), PhD (Potchefstroom), MSACI) is ’n professor in chemie en direkteur van die Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronveredeling aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Sy navorsingsbelangstellings sluit in homogene katalise, organiese sintese, organometaalsintese, polimeersintese en molekuulmodellering. Sy navorsing in homogene katalise fokus op die industriële toepassing en ontwikkeling (eksperimenteel en rekenaarmatig) van katalisatore vir ’n verskeidenheid reaksies wat alkeenmetatese en -oligomerisasie insluit. Hy is ook die bestuurder van die Suid-Afrikaanse Olefieneprogram van die Suid-Afrikaanse Departement van Wetenskap en Tegnologie en Nasionale Navorsingstigting se Sentrum van Uitnemendheid in Katalise (c*change).

Oligomerisation of longer chain 1-alkenes in the presence of Cp2MCl2-, more complex Zr-metallocene and tridentate bis(imino)pyridine iron(II) catalyst systems

Frans TI Marx, Esna Pieters, Hermanus CM Vosloo Academic research 2018-10-25

"1-alkenes represent a large part of the commercial market and since oligomers thereof are important intermediates for specialty chemicals, they warrant further study."

Oligomerisasie van langerketting 1-alkene in die teenwoordigheid van Cp2MCl2-metalloseen-, meer komplekse Zr-metalloseen- en tridentaat bis(imino)piridienyster(II)-katalisatorsisteme

Frans TI Marx, Esna Pieters, Hermanus CM Vosloo LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2018-10-25

"Uit die drie reekse katalisatore wat ondersoek is, is vier geïdentifiseer wat die hoogste aktiwiteit getoon het, en die potensiaal het om vir die dimerisasie van langerketting 1-alkene gebruik te kan word."

Top