Hendrik Hofmeyr

Hendrik Hofmeyr is in 1957 in Kaapstad gebore. Sy naam het die eerste keer onder die publiek se aandag gekom toe sy opera The Fall of the House of Usher, waarmee hy die eerste prys in die SA Operakompetisie en die Nederburg Operaprys verower het, in 1988 in die Staatsteater opgevoer is. In dieselfde jaar het Hofmeyr, wat toe nog in Italië studeer het tydens ’n tien jaar lange selfopgelegde ballingskap, ’n internasionale kompetisie daar gewen met musiek vir ’n kort film van Wim Wenders. In 1992 het hy ’n pos as lektor aan die Universiteit Stellenbosch aanvaar, en in 1997 het hy twee verdere internasionale kompetisies gewen: die gesogte Koningin Elisabeth van België (met Raptus vir viool en orkes) en die eerste uitgawe van die Dimitri Mitropoulos in Atene (met Byzantium vir hoë stem en orkes). Sy Incantesimo vir fluit is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Kongres van die Internasionale Vereniging vir Kontemporêre Musiek in Kroasië in 2005. In 2008 ontvang hy ’n Kanna-toekenning van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hofmeyr, wie se oeuvre meer as 90 opdragwerke insluit, is tans professor en hoof van komposisie en musiekteorie aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy in 1999 sy doktorsgraad verwerf het.

Opgedateer/Updated: 2011-08-17

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

LitNet Akademies: Tematiese fisionomie en die waardering van kuns - Hendrik Hofmeyr lewer kommentaar

Hendrik Hofmeyr, Hendrik Hofmeyr 2011-08-17 Hendrik Hofmeyr reageer op die artikel “Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Bertha Spies. In die eerste plek wil ek graag my ...

Top