Helgard Raubenheimer

Helgard G Raubenheimer is ’n emeritus professor aan Universiteit Stellenbosch (US). Hy was professor in anorganiese chemie aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit en aan die US. Sy navorsing was hoofsaaklik toegespits op die karbeenkomplekse van geselekteerde oorgangselemente en die chemie van goud. Sedert die 1970’s het hy noue bande met die Tegniese Universiteit München (TUM) gesmee. Sy samewerking met EO Fischer, Hubert Schmidbaur en Wolfgang Herrmann is deurlopend deur die Alexander von Humboldt-stigting ondersteun. Hy is ’n ere-ambassadeur van die TUM.

Diatomic Au–Au-bonded species: multi-faceted and multifunctional

Helgard Raubenheimer, Stephanie Cronje Academic research 2024-02-15

"[T]he study of dinuclear gold species presented in this review provides valuable insights that may be applied to interpret chemical changes induced by gold clusters and finely divided gold particles in the condensed phase, representing a broader challenge in the field."

Diatomiese Au–Au-gebonde spesies: veelsydig en multifunksioneel

Helgard Raubenheimer, Stephanie Cronje LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2024-02-15

"Baanbrekerstoepassings het reeds uit die gerapporteerde werk voortgevloei en sluit in aktuele, hoogs selektiewe katalitiese prosesse (o.a. CO-oksidasie en metaanaktivering) en die gepaardgaande kompleksvorming met eenvoudige monodentate toeskouer- of deelnemende ligande."

’n Onderhoud met bekroonde navorser Helgard Raubenheimer

Helgard Raubenheimer, Naomi Bruwer Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2018-04-05

"Dit was vir baie jare pret om op die gebied van goudchemie, een van my gunstelinggebiede, te werk en dit verder te ontwikkel."

AuII: Rare or neglected? A critical literature review

Helgard Raubenheimer Academic research 2016-06-17

"Applications in catalysis, biomedicine and the role of AuII as promotor or intermediate in nanogold or material synthesis, require further study. Extremely promising in the context of heterogeneous catalysis is the observation that AuII is stabilised on certain solid supports such as zeolites."

AuII: Skaars of afgeskeep? ’n Kritiese literatuuroorsig

Helgard Raubenheimer LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2016-06-17

"Die vorming van AuII gedurende nanogoudsintese, ’n rol daarvoor in homogene katalise, sowel as die stabilisering daarvan op verskillende vaste ondersteuningsplatforms, toon dat meer bruikbare toepassings in die toekoms verwag kan word."

Asikliese karbeenkomplekse maak eerste opslae in goudstormloop

Helgard Raubenheimer LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-11-28

"Tot onlangs was goud ’n afgeskeepte element onder chemici. Vanweë sy chemiese stabiliteit, en dalk ook sy prys, is min navorsing daarop gedoen, en aan universiteite is die chemie daarvan meestal net in die verbygaan genoem."

Top