Helena Liebenberg

Helena Liebenberg het aan die Universiteit van Suid-Afrika studeer waar sy lank as taalkundedosent in die Departement Afrikaans en Nederlands werksaam was en in 1993 haar doktorsgraad in Afrikaanse Semantiek verwerf het.

Vanaf 2001 tot 2008 was sy voltyds betrokke by twee VOC-transkriberingsprojekte in die Wes-Kaapse Argief, naamlik TANAP (letternaam vir Towards A New Age of Partnership) waartydens die Resolusies van die Politieke Raad van Kaap die Goeie Hoop digitaal beskikbaar gestel is, en TEPC (letternaam vir Transcription of Estate Papers of the Cape) waartydens onder andere Kaapse inventarisse, vendusierolle, monsterrolle, “Bandietenrollen” en boedelrekeninge getranskribeer is.

As trustee van die Tracing History Trust wat in 2008 geregistreer is, is sy sedertdien betrokke by etlike soortgelyke digitaliseringsopdragte, met die Trust se Kaapse VOC-Daghregisterprojek as hoogtepunt. Sy was verantwoordelik vir die skryf van omvattende inleidings tot die Resolusies (Afrikaans en Engels), asook vir afdelings van TEPC in Engels, gevolg deur inleidings in Engels vir onderskeidelik die VOC-dagregisterprojek en Slave Registers-transkriberingsprojek vir die Nationaal Archief Nederland se webblad, as onlangse toevoegings.

Helena doen vertaal- en redigeerwerk, skryf vakkundige artikels meestal oor taalkunde- en geskiedenisonderwerpe, asook kinderboeke meestal oor Afrikaanse idiome,  en ontwerp en produseer taalspeletjies (Afrikaans en Engels) vir kinders. Sy was ’n medeskrywer van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (2003) en gelyknamige Supplement(2007), gevolg deur ’n meer onlangse publikasie getiteld: Stories and tales in the VOC Journals (2018).

Sy tree gereeld in die openbaar op en behandel dan onderwerpe wat wissel van taal, kuns, kultuur, geskiedenis tot die mistieke. Laasgenoemde vind verder neerslag in haar drie spirituele digbundels, genaamd Rooswater (2012), Geheimenis van die roos (2017) en Waterklanke van die Hemelharp (2024).

Haar webblad, Taaloord (www.taaloord.co.za), is ’n ryk bron van geskiedenis-, genealogiese en verwante inligting, en word aangevul deur persoonlike bydraes op die Tracing History Trust-webblad (www.tracinghistorytrust.co.za).

Portuguese explorers along the African coast

Helena Liebenberg Academic research 2026-01-29

"[A]ttention is paid to the run-up to the voyages of discovery, and what events and views formed the basis and led to the flourishing of the Portuguese maritime industry [...]. The discovery of a sea route around the southern tip of Africa to India did not happen all at once, but was preceded by a series of events that flowed together into a fascinating story that began in the Middle Ages with the founding of the Order of the Templars."

Portugese kruisvaarders langs die kus van Afrika

Helena Liebenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-01-29

"[Aandag word] gegee aan die aanloop tot die ontdekkingsvaarte, en watter gebeurtenisse en beskouings ten grondslag gelê en aanleiding gegee het tot die opbloei van die 15de-eeuse Portugese seevaartbedryf."

In Memoriam: Koos du Toit

Helena Liebenberg 2014-11-04 "Donderdag (die 30ste Oktober 2014) is jy ná ’n lang en geseënde lewe van 89 jaar opgeroep tot hoër diens, waar jy in die taal van die heelal waarskynlik ook woorde herken van dit wat ons hier op aarde Afrikaans noem."
Top