Hein Scholtz
Hein Scholtz het in Namibië grootgeword en het na matriek 'n BSc in Biologiese Wetenskappe aan Universiteit Stellenbosch gestudeer. Nadat hy daarna as verslaggewer vir die Afrikaanse Dagblad Republikein vir 'n jaar gewerk het, is hy aanvaar by die BPhil (Joernalistiek) kursus op Stellenbosch vir 2010.
Hein is deel van die stigterspan van die bekende Dr Mol Show, Dr Michael Mol se gesondheidsleefstyl program op SABC3, wat aan die eerste helfde van 2011 op Suid-Afrikaners se skerms verskyn het. Hein werk as vervaardiger daar.
Hy is ook gereeld te sien op die gewilde Expresso Morning Show op SABC3 in die oggende as 'n gas-aanbieder/ kok en skryf ook gereeld vir verskeie aanlyn publikasies.
Munch, munch munch ...
Chrizane Geldenhuys, Hein Scholtz
2013-04-02
Hein Scholz se eerste kookboek, Munch, het pas by Struik Lifestyle verskyn. Hy deel sy heerlike resepte met LitNet en beland toe ook in Chrizane van Zyl se snelvuur.