Hein Lubbe

Hendrik J Lubbe is 'n senior lektor in die Fakulteit Regte van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Hy spesialiseer in internasionale strafreg en oorgangsgeregtigheid. Hy voltooi in 2007 'n navorsingsinternskap by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en in 2008 'n regsinternskap in die kantoor van die aanklaer by die internasionale straftribunaal vir die voormalige Joegoslawië in Den Haag. Hy verwerf sy LLD aan Tilburg-universiteit in Nederland in 2010 en dien in dieselfde en daaropvolgende jaar as lid van die Konrad-Adenauer Stiftung se African Expert Study Group op die gebied van internasionale strafregtelike geregtigheid. Hy word in 2012 as erelid van die Golden Key International Honor Society benoem en voltooi in 2013 'n gevorderde kursus in internasionale reg by die Hague Academy of International Law in Den Haag. Hy vorm ook deel van 'n span kundiges wat Suid-Afrikaanse hofuitsprake wat met internasionale reg verband hou, vir Oxford annoteer.

Vonnisbespreking: Implementering van die internasionale strafhof se lasbriewe vir die inhegtenisname van die Soedannese president Omar Hassan Ahmad al-Bashir

Hein Lubbe LitNet Akademies (Regte) 2016-08-26

"Op internasionale vlak het Suid-Afrika se versuim die internasionale strafhof met die situasie gekonfronteer oor hoe om teen ’n lidstaat op te tree wat nie sy verpligtinge uit hoofde van die Statuut van Rome nakom in ’n saak wat deur die Veiligheidsraad na die hof verwys is nie."

Einstein-kompetisie: Hein Lubbe

Hein Lubbe Einstein-kompetisie 2016-07-11

Hein is deel van 'n span wat Suid-Afrikaanse hofuitsprake wat met internasionale reg verband hou, vir Oxford annoteer.

Aantekening: Internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof: problematiese aspekte en die implikasies daarvan

Hein Lubbe 2014-12-03 Hein Lubbe ondersoek die problematiese aspekte en implikasies van die internasionale strafregtelike jurisdiksie vir die Afrika-hof.
Top