Heidi Faber

Heidi Faber het sedert 2009 drie grade verwerf. Sy voltooi haar PhD in vroeë kinderontwikkeling in 2013 aan die Universiteit van Pretoria. Sy ontvang toekennings van hierdie Universiteit en 'n Golden Key International Honour Society-toekenning. Heidi spesialiseer sedert April 2013 in grondslagfase-onderwys in haar hoedanigheid as ’n hoof opvoedkundige spesialis vir die Mpumulanga Onderwysdepartement, waar sy veral die belangrikheid van die onderrig van fonologiese bewuswording beklemtoon.

Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders

Heidi Faber, Ina Joubert, Melanie Moen, Dorette Vermeulen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2015-02-18

"Die finale bevindinge van die navorsing het getoon dat musiek wel ’n positiewe rol speel in die aanleer van fonologiese vaardighede as leesgeletterdheidsvaardigheid by Afrikaanssprekende leerders in graad 1."

Top