Gretchen Jansen

Dr. Gretchen Jansen is ’n dosent in die Departement Handelsreg aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ook ’n lid van die Anton Mostert-leerstoel vir Intellektuele Goedere. Dr. Jansen het haar LLB-, LLM- (Intellektuele Goederereg) (cum laude) en LLD-grade aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Haar doktorale proefskrif dra die titel “A critical examination of performers’: rights to remuneration as an effective protection mechanism for commercial musicians in South Africa”.

Dr. Jansen doseer oor intellektuele goederereg in die digitale omgewing, besigheidsorganisasiereg, en die reg en tegnologie. Haar navorsingsbelangstellings sluit in: intellektuele goederereg in die digitale omgewing, beskerming van voordraers, die reg en tegnologie en kunsreg. Sy was ’n gasnavorsingsgenoot by die Information, Telecommunications and Media Law Institute van die Universiteit van Münster. As deel van hierdie besoek het sy samewerking tussen die Münster Kunsregkliniek en die Stellenbosch Kunsregvereniging gekoördineer. Sy is ook die mederedakteur van Art and Law – A Comprehensive Guide on Art Law in South Africa; wat in 2023 gepubliseer is.

The limits of consent in South African data protection law

Gretchen Jansen Academic research 2026-08-13

"[This article] argues that while consent occupies an important place within POPIA’s normative framework, its practical ability to protect data subjects is significantly constrained by both cognitive limitations and the socio-technical realities of contemporary South African digital life."

Die beperkings van toestemming in die Suid-Afrikaanse inligtingsbeskermingsreg

Gretchen Jansen LitNet Akademies (Regte) 2026-08-13

"Die vraag word gestel of toestemming, soos gedefinieer en geoperasionaliseer in die Wet, datasubjekte in staat stel om op ’n betekenisvolle wyse beheer oor hul persoonlike inligting uit te oefen. Verder word daar ook gevra of die regulatoriese betekenis daarvan oorskat word in die lig van kognitiewe en strukturele beperkings."

Top