Gideon J. Begemann

Deon Begemann is ’n entomoloog wat, na 10 jaar by Onderstepoort (eers as student en later as veterinêre entomoloog), 33 jaar lank in die sitrusbedryf werksaam was. Hy en sy vrou Ronelle het op Stilbaai afgetree waar hy hom in Stilbaai se bytende muggie vasgeloop het. Soos enige goeie wetenskaplike het Deon onmiddellik meer probeer uitvind oor hierdie muggie en ’n wetenskaplike studie van die klein insek onderneem. Die Suid-Kaapse muggieplaag is ’n probleem in die munisipale gebied van Hessequa waar 90% van die inwoners Afrikaans as eerste taal gebruik. Muggienavorsing op plase is op eie koste onderneem en mikroskopiese ontledings is in sy privaat laboratorium by sy huis uitgevoer. Deon het die volgende grade in sy loopbaan verwerf: B.Sc. (Agric.) UP 1977; B.Sc. (Agric.) Hons. UOVS 1979; M.Sc. UP 1986; Ph.D. UP 1998 (Entomologie, geïntegreerde plaagbeheer).

An investigation into the bionomics, morphology, distribution and control of the Still Bay midge (Leptoconops demeilloni [Diptera: Ceratopogonidae])

Gideon J. Begemann Academic research 2023-07-12

"Leptoconops demeilloni, also known as the Still Bay midge, is a notorious bloodsucking pest in the Fynbos biome. The pest is considered to be of economic importance especially to the tourism industry in the coastal town of Still Bay."

’n Ondersoek na die bionomie, morfologie, verspreiding en beheer van die Stilbaaimuggie (Leptoconops demeilloni [Diptera: Ceratopogonidae])

Gideon J. Begemann LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2023-07-12

"Die Stilbaaimuggie is endemies aan die Kaapse Fynbos-streek en is reeds waarskynlik vir miljoene jare in hierdie omgewing teenwoordig."

Top