Gert Cruywagen
Gert Cruywagen ‘n bekroonde risikobestuurder wat spesialiseer in internasionale korporatiewe risiko’s. Hy is tans die risikobestuurder van die wêreld se grootste vervaardiger van glanspapier en was voorheen die risikobestuurder van die wêreld se grootste staalvervaardiger, gebaseer in Rotterdam en Londen..
Hy het kwalifikasies van plaaslike en oorsese universiteite en is ‘n gereelde spreker by internasionale risikobestuurskonferensies.
Gert speel graag gholf, en voor ‘n besering hom (letterlik) gekniehalter het, was hy dol op aksie- en uithousport, en het hy meer as 100 marathons en ultramarathons voltooi. Hy lees alles wat hy in die hande kry, en skryf vir ontspanning, veral wanneer hy reis. Hy woon saam met sy gesin in Centurion.