Gerrie Snyman

Gerrie Snyman is professor in Ou Testament by Unisa. Hy voltooi die graad BA (Regte) in 1978 en BA Hons (Frans) in 1980 aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit. Daarna verwerf hy die grade ThB en BA Hons (Semitiese Tale) aan die PU vir CHO (die huidige Noordwes-Universiteit) in 1984 en die graad ThM in 1987 onder Jaap Helberg. Na ’n jaar se studie aan die Universiteit van Konstanz in resepsieteorie skryf hy vir die DTh by Unisa in en verwerf die graad in 1991 met wyle Ferdinand Deist as sy promotor. Sy boek ’n Etiek van Bybellees. Om die Bybel anders te lees verskyn in 2007 by Griffel Media. Sy navorsingvelde is naballingskapse literatuur in die vroeë tempelperiode van die Persiese tyd en hermeneutiek. Op laasgenoemde gebied hou hy hom besig met reaksies vanuit die Westerse kulturele raamwerk op kwessies wat deur ’n Afrika-hermeneutiek geopper word, soos rassisme, witheid, manlikheid, homoseksualiteit en gender-vraagstukke.

Opgedateer/Updated: 2011-06-22

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Totius: die ironie van vergewe en vergeet

Gerrie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-05-07

"Die vraag van hierdie artikel is derhalwe die volgende: Watter waarde kan ’n mens aan Totius se werke heg, sestig jaar na sy afsterwe? Moet dit nie uiteraard, gegewe sy rassisme, te lig bevind word nie? Anders gestel, is dit enigsins moontlik om Totius binne ’n postapartheids­bestel te rehabiliteer?"

LitNet Akademies: Gerrie Snyman gee sy mening oor die Jesus Seminaar

Gerrie Snyman, Gerrie Snyman 2011-06-22 Gerrie Snyman reageer op die artikel “Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van ’n buitestander” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Sakkie Spangenberg. 1. Om af te loer Diek ...

Top