Gerda Oosthuysen

Gerda Oosthuysen: gebore in die Wes-Kaap, getoё in die Oos-Kaap en toe ’n uitruilstudent na Texas in die VSA vir ’n jaar. Daarna ’n Matie vir vier jaar en ’n Ikey vir een, wat haar ’n BA (Hons) cum laude en onderwysdiploma besorg. Haar eerste skoolhoupos is as Afrikaansonderwyser by Graeme College in wat toe Grahamstad was. In daardie mooi dorpie bly sy vir die volgende 25 jaar, maar trek vir die tweede helfte van haar verblyf eers na St Andrews College en toe na die Diocesan School for Girls. Einde 2017 trek die gesin na Gauteng en aanvaar Gerda die pos as hoof van Afrikaans by St John’s College in Johannesburg, waar sy steeds – met wissellende sukses – studente leer om Afrikaans te praat en die kultuur en letterkunde van die taal te geniet.

Graad 12, Eerste Addisionele taal: Taaloefening en -antwoorde gegrond op Kobus Galloway se idiome-illustrasie

Gerda Oosthuysen Notas, toetse en vraestelle 2020-03-17

LitNet het vir Gerda Oosthuysen gevra om ’n taaloefening vir graad 12 Eerste Addisionele taal op te stel – gebaseer op Kobus Galloway se illustrasie van die idioom “Liewer dood as uit die mode”. Laai die oefening en memo hier af.

Top