Gerald Groenewald

Gerald Groenewald het aan die Universiteit van Kaapstad studeer waar hy onder meer ’n M.A. in Afrikaans en Neerlandistiek en ’n Ph.D. in Historiese Studies behaal het. Hy is sedert 2008 verbonde aan die Departement Historiese Studies by die Universiteit van Johannesburg. In terme van navorsing is hy  geïnteresseerd in die ontwikkeling van ’n unieke samelewing aan die Kaap vanaf die sewentiende tot die negentiende eeu. Sy publikasies sluit in die bronuitgawe, Trials of Slavery, 1705–1794 (saam met Nigel Worden) asook meer as twee dosyn artikels en boekhoofstukke oor ’n verskeidenheid onderwerpe, insluitende slawerny, gender- en gesinsgeskiedenis, die sosiale, ekonomiese en kultuurgeskiedenis van vroegmoderne Kaapstad, asook aspekte van die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans. Sy navorsing word ondersteun deur gradering van die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika (NRF).

LitNet Akademies: Gerald Groenewald in gesprek met Jessica Murray oor die vroulike liggaam, gender en geweld in Suid-Afrikaanse slawenarratiewe

Gerald Groenewald, Jessica Murray Onderhoude 2010-11-30

Gerald Groenewald gesels met Jessica Murray oor laasgenoemde se onlangse artikel “‘Dit kom daarop neer dat ek nie vergete was nie’: Die vroulike liggaam, gender en geweld in Suid-Afrikaanse slawenarratiewe” in LitNet ...

Afrikaans as lingua franca in Namibië, ca. 1800-1920

Gerald Groenewald LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-09-02

"Hierdie artikel gaan die vestiging, verspreiding en gebruik van Afrikaans as lingua franca na in prekoloniale en koloniale Namibië tot die Suid-Afrikaanse oorname, toe die taal amptelike status verwerf het."

Top