Geo Quinot
Geo Quinot (BA, LLB, LLM, LLD) is professor in die Departement Publiekreg aan die Universiteit Stellenbosch, direkteur van die African Public Procurement Regulation Research Unit (APPRRU) en mededirekteur van die Socio-Economic Rights and Administrative Justice Research Project (SERAJ). Hy doseer administratiefreg en staatsreg. Hy is ook dikwels betrokke by die opleiding van staatsamptenare in die Universiteit Stellenbosch se skool vir openbare leierskap en die Universiteit Kaapstad se Professional Development Project in sowel administratiefreg as staatsverkrygingsreg. Hy dien tans op twee ministeriële taakspanne in die nasionale Departement van Gesondheid wat fokus op staatsverkrygingsprosesse binne die openbaregesondheidsektor.
Geo se navorsing fokus op algemene administratiefreg, insluitend ‘n spesifieke fokus op die regulering van staatskommersiële optrede. Hy is die outeur van etlike akademiese artikels, hoofstukke in boeke, en boeke, waaronder Administrative law cases and materials (2008) en State commercial activity: A legal framework (2009), en medeskrywer en redakteur van Law and poverty: Perspectives from South Africa and beyond (2012) (saam met Sandra Liebenberg) en Public procurement regulation in Africa (2013) (saam met Sue Arrowsmith).
Bekamping van korrupsie: ’n onderhoud met Geo Quinot
Cliffordene Norton, Geo Quinot
Onderhoude
2019-11-28
"’n Baie sterk fokus op die morele kompas van besigheidsleiers behoort een van die primêre karaktereienskappe te wees waaraan ons sodanige persone meet en waaraan ondernemings gekenmerk wil word."