Frikkie Potgieter

Frikkie Potgieter is 'n medeprofessor in Kunsgeskiedenis en Visuele Kunste aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), waar hy ook die voorsitter van die Departement Kunsgeskiedenis, Visuele Kunste en Musiekwetenskap is. Hy besit 'n doktoraat in kunsfilosofie van die Universiteit van Stellenbosch en 'n M.A. (B.K.) (cum laude) van Unisa. Hy het die klasmedalje ontvang vir sy eerste graad in die visuele kunste aan die Universiteit van Kaapstad. Verder het hy met 'n beurs van die Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten 'n jaar lank in Nederland studeer.

***

Frikkie Potgieter is an associate professor in Art History and Visual Arts at the University of South Africa (Unisa), where he also chairs the Department of Art History, Visual Arts and Musicology. He holds a doctorate in the philosophy of art from the University of Stellenbosch and an M.A. (F.A.) (cum laude) from Unisa. He received the class medal for his first degree in visual arts at the University of Cape Town. Furthermore he spent a year studying in the Netherlands with a bursary from the Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten.

Opgedateer/Updated: 2009-04-15
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Die voormoderne en moderne tyd se stryd vir vrygeskepte skone kuns

Frikkie Potgieter 2014-11-19 Frikkie Potgieter kom in sy artikel tot die gevolgtrekking dat diegene wat vrygeskepte kuns koester vandag die taak het om 'n ruimte vir sulke kuns te beding sonder om hulle tot essensialistiese argumente te wend aangesien sulke argumente betaalwaarde verloor het. Dít is een van die hooftake van die postmodernisme.

Artistieke oorsprong en oorspronklikheid by Nietzsche en Heidegger

Frikkie Potgieter LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-03-09

"Die hedendaagse wêreldwye bestuursmanie, wat ook aan Suid-Afrikaanse universiteite manifesteer, is onsensitief met betrekking tot die skep van ’n ruimte waarin die 'begeerte na die onbekende' nagestreef kan word."

Die moderne strewe na artistieke outonomie: 'n Waardering vir 'n gefaalde projek

Frikkie Potgieter LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-04-16

"In hierdie artikel word geredeneer dat die moderne artistieke-outonomie-strewe ’n bydrae tot emansipasie in die algemeen gelewer het, hoofsaaklik deur die geweld verbonde aan korrespondensiedenke te ondergrawe."

Top