Fredrick Kotzé

Ek is Fredrick Kotzé. Ek is 27 jaar oud, gebore in Roodepoort, Gauteng en bly nou in die Strand, Wes-Kaap sedert 2008. My akademiese geskiedenis is in teologie aan die Universiteit Stellenbosch. Ek het my BTh in 2013 en MDiv in 2015 ontvang en is tans besig met 'n MTh in sistematiese teologie. Ek werk ook voltyds aan 'n fondsinsamelingsinisiatief genaamd Fund Benefit wat beoog om fondsinsameling te doen vir nasionale geakkrediteerde en gemeenskapsgebaseerde niewinsgewende organisasies (gaan loer gerus na ons Facebook-blad vir bloginskrywings en algemene bywerking). Ek het ook onlangs 'n blog begin genaamd Attentive Canticle waar ek oor alles gesels wat my pla. 

Ek hou vas aan my wortels en weet waar ek vandaan kom, maar is nie blind vir waarheen ek op pad is nie. Suid-Afrika en al sy mense is my eerste liefde. Ek studeer in Engels, maar leef en droom in Afrikaans. Ek het 'n diep passie vir alles wat die beste uit mense kan bring.

Einstein-kompetisie: Fredrick Kotzé

Fredrick Kotzé Einstein-kompetisie 2016-06-27

Fredrick is tans besig met 'n MTh in sistematiese teologie. Hy studeer in Engels, maar leef en droom in Afrikaans.

Top