Ideologiese dryfkragte: Amerika en Suid-Afrika
2025-03-26Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Francois Wilken (Vrystaat Landbou) gesels met Freek Robinson oor ideologiese dryfkragte in Suid-Afrikaanse en Amerikaanse geledere en die impak daarvan op die huidige diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en die VSA. Grondvlakkwessies wat Suid-Afrikaanse burgers en boere raak, asook Trump se globale geopolitiese magspel, word ook onder die loep geneem.

