Francois Human

Francois Human matrikuleer in 1974 aan Hoërskool Warrenton in die Noord-Kaap.  Hy voltooi ’n vierjarige Hoër Diploma in Filmproduksie (Technikon Pretoria), BA: Geesteswetenskappe en Honneurs: Nasionale Strategiese Studies (Universiteit van Johannesburg), Honneurs: Internasionale Politiek en Honneurs: Staatsleer (Universiteit van Pretoria), MA Joernalistiek (Universiteit van Stellenbosch) en DLitt (Universiteit van Pretoria), sowel as ’n dramadiploma by ’n privaat dramaskool.

Hy werk vanaf 1978 tot 1982 as klank-operateur by SAUK-televisie.  Vanaf 1982 is hy lektor aan die Rolprent Akademie (Filmskool) van Technikon Pretoria (tans die Tshwane Universiteit van Tegnologie) en vanaf 1995 tot 2002 departementshoof.

Hy was deur die jare betrokke by die vervaardiging van ’n verskeidenheid film- en videoproduksies. Sy spesialiteitsrigtings is draaiboekskryf en rolprentklank.  Sy navorsingsbelangstelling is die effektiewe evaluering van speelprentdraaiboeke vir hul potensiële kommersiële sukses.  Hy is ’n navorsingsgenoot van die Departement Afrikaans by die Universiteit van Pretoria.




Opgedateer/Updated: 2010-05-14
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Hoe skryf jy die beste Suid-Afrikaanse draaiboek van alle tye?

Francois Human 2014-08-06 "Skakel ongeluk en toeval uit. Gee die sentrale karakter meer om te doen. Verskuif die gebeure na ’n ander omgewing. Voeg ’n hindernis by." Francois Human gee nog wenke. En 'n oorsig oor die Suid-Afrikaanse filmbedryf.

Die heldereis as model vir karakterontwikkeling in dramadraaiboeke

Francois Human 2013-09-11 "Hierdie artikel evalueer die voorstel dat die heldereis as model vir karakterontwikkeling deur draaiboekskrywers aangewend kan word."

Identifisering met die held en die emosionele betrokkenheid van kykers by rolprentdramas

Francois Human LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-05-14

"Die outeur van hierdie artikel het 270 riglyne en tegnieke vir die skep van effektiewe identifikasie met karakters uit bestaande bronne geïdentifiseer. Hierdie riglyne en tegnieke is breedweg in vyf kategorieë ingedeel, naamlik: behoeftes, motiverings en doelwitte; persoonlikheidseienskappe; fisiese eienskappe; omstandighede; en handeling."

Top