François du Toit (BA, LLB, LLM, LLD (Stell)) is ’n professor in privaatreg aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy is ook ’n voormalige adjunkdekaan van die UWK se regsfakulteit. Hy spesialiseer in erf- en trustreg, en is ’n NNS-gegradeerde navorser op hierdie twee regsgebiede. Hy is die skrywer van South African Trust Law: Principles and Practice – ’n standaardteks oor die Suid-Afrikaanse trustreg. Hy het ook reeds verskeie artikels oor die erf- en trustreg in beide plaaslike en internasionale regstydskrifte gepubliseer, waaronder artikels in vooraanstaande Amerikaanse, Australiese, Britse en kontinentaal-Europese tydskrifte. Hy was ’n besoekende navorsingsgenoot aan die Ryksuniversiteit van Groningen (2011), die Universiteit van Oxford (2013) en die Universiteit van Melbourne (2014), asook ’n lid van ’n internasionale evaluasiepaneel ten opsigte van die Nederlands-Belgiese Ondersoekskool Ius Commune (2013).