Ewelina Niemczyk

Ewelina K. Niemczyk is ’n navorser in Vergelykende en Internasionale Opvoedkunde aan die NWU. Sy het haar PhD in sosio-kulturele en politieke kontekste van onderwys aan die Brock Universiteit, Kanada, verwerf. Haar huidige navorsingsbelangstellings fokus op hoër onderwys met spesifieke aandag aan navorsingskapasiteitbou, onderwys vir volhoubare ontwikkeling en BRICS-onderwys (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika). In terme van eersgenoemde ondersoek Niemczyk huidige navorsingsrealiteite wat verband hou met die eise van navorsingsproduktiwiteit en die professionele ontwikkeling van navorsers. Die navorsing oor die BRICS-lidlande fokus op opvoedkundige praktyke wat gedeel kan word om die gehalte van onderwys te verhoog. As ’n president van die BRICSEd-vereniging – onder die BRICS@NWU – is sy toegewyd aan die bevordering van akademiese uitnemendheid regoor die BRICS-lande en verder. Ewelina het ondervinding in ’n verskeidenheid onderrig- en navorsingsposisies in Kanadese, Suid-Afrikaanse en Poolse kontekste. Haar vakkundige belangstellings word versterk deur haar publikasies asook die modules wat sy by NWU in Vergelykende en Internasionale Opvoedkunde aanbied. Wat haar bydrae tot die breër vakkundige gemeenskap betref, tree sy op as ’n joernaal- en konferensiebeoordelaar, boek- en joernaalredakteur, konferensievoorsitter en hoofspreker in verskeie lande.

Failure to implement safety regulations: a workplace risk for FET technology teachers

JP Rossouw, Joop Oosthuizen, Ewelina Niemczyk Academic research 2024-07-22

"The research findings indicated that a number of distinct factors contributed to workplace insecurity amongst FET technology teachers, most notably that several key role players did not fulfil their professional responsibilities."

Gebrekkige implementering van sekuriteitsregulasies: ’n werksplekrisiko vir VOO-tegnologie-onderwysers

Joop Oosthuizen, JP Rossouw, Ewelina Niemczyk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-07-22

"Werkspleksekuriteit onder dié onderwysers word negatief beïnvloed omdat spesifieke sleutelrolspelers nie hulle professionele verantwoordelikhede nakom nie."

Wêrelde uitmekaar: raad vir plaaslike, wêreldbekwame navorsers

Estelle Kruger, Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Onderhoude 2018-07-31

"Ons het verskeie 'wêrelde' binne ons eie land, en ons moet bekwaamheid ontwikkel oor kultuur- en taalgrense heen, sodat ons ook suksesvol navorsing kan doen in ’n vreemde omgewing wat dalk net 10 km ver is."

A South African perspective on the preparation of globally competent researchers

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Academic research 2018-05-24

"Higher education institutions play a vital role in preparing future researchers able to meet globalised expectations for their future careers within and outside academia. It is important to realise, however, that the way research is being done and shared is continuously being transformed."

’n Suid-Afrikaanse perspektief op die voorbereiding van wêreldbekwame navorsers

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-05-24

"’n Vinnig veranderende navorsingsomgewing wat voortgedryf word deur globalisering, internasionalisering, tegnologiese vooruitgang en die gebruik van vernuwende metodologieë vereis nie net vaardige navorsers nie, maar meer spesifiek wêreldbekwame navorsers."

Navorsingsassistentskappe: wie behoort aangestel te word?

Estelle Kruger, Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Onderhoude 2017-08-28

"Dit is my oortuiging dat ons nie net moet konsentreer op die mentorskap van permanent aangestelde jong personeel nie, maar ook moet belê in toekomstige navorsers deur die potensiaal van navorsingsassistente te ontgin."

Access to research assistantship opportunities in global north and global south

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Academic research 2017-08-22

"Ultimately, a more inclusive approach to research assistantships would lead to an increased number of skilled young researchers able to contribute significantly to the research capacity of a given institution."

Toegang tot navorsingsassistentskappe aan universiteite in die globale noorde en globale suide

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-22

"’n Meer inklusiewe benadering tot navorsingsassistentskappe kan lei tot ’n toename in die getal vaardige jong navorsers wat die vermoë het om tot die instelling se navorsingskapasiteit by te dra."

Top