Esmarie Myburgh

Dr. Esmarie Myburgh is ’n senior lektor in Toerismebestuur aan die Skool vir Toerismebestuur, Noordwes-Universiteit. Sy het haar PhD in 2017 voltooi en is tans een van die navorsers by TREES (Tourism Research in Economics, Environs and Society); sy fokus op sporttoerisme, spesifiek op die bemarking en bestuur van kleinskaalse sportgebeurtenisse. In 2019 ontvang sy ’n NRF Thuthuka Navorsingstoelaag. Esmarie het verskeie artikels in geakkrediteerde nasionale en internasionale akademiese joernale gepubliseer, en het referate by nasionale en internasionale konferensies gelewer. In haar kort werksloopbaan by NWU het sy verskeie voorgraadse modules doseer en as studieleier vir een PhD-, vyf meestersgraad- en 14 honneursstudente opgetree. In 2017 behaal sy die tweede plek in die Beste Referaat-toekenning by die Internasionale Studentekonferensie in Toerismenavorsing (ISCONTOUR) in Salzburg. Sy ontvang in 2015 die Visekanseliersmedalje vir die beste meestersgraadstudent aan die Noordwes-Universiteit in die kategorie Handel. Sy ontvang ook toekennings vir die beste meestersgraadstudent en honneursstudent in Toerismebestuur sowel as beste meestersgraadstudent in die Skool vir Ondernemingsbestuur. Sy is ’n lid van die Golden Key International Honours Society vir uitstaande akademiese prestasie.

The creative presentation of cultural elements within Afrikaner attractions

Esmarie Myburgh, Lindie (Engelina) du Plessis, René van der Vyver Academic research 2023-11-28

"The results confirmed that cultural tourists desire a creative presentation of Afrikaner cultural elements and that these elements and the creative principles should be integrated to offer a positive cultural experience."

Die kreatiewe aanbieding van kultuurelemente binne Afrikanerbesienswaardighede

Esmarie Myburgh, Lindie (Engelina) du Plessis, René van der Vyver LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-28

"Dit is belangrik dat die studie se bydrae nie beperk word tot die Afrikanerkultuur nie. Die rede is dat kultuurelemente ook binne elke ander kultuurkonteks bestaan en dat toeriste wêreldwyd op soek is na kreatiewe kultuurervarings, wat veral ’n multikulturele land soos Suid-Afrika bevoordeel."

Top