Ernst Wolff

Ernst Wolff is medeprofessor in Filosofie aan die Universiteit van Pretoria. Afgesien van sy studies in Lettere en Teologie, bekwaam hy hom in Filosofie en het hy ook ’n belangstelling in Geskiedenis en Sosiologie. In 2004 promoveer hy aan die Sorbonne met ’n proefskrif oor die werk van Emmanuel Levinas. Sy eerste boek, De l’éthique à la justice. Langage et politique dans la philosophie de Lévinas is in 2007 deur Springer in die Phaenomenologica-reeks uitgegee. ’n Volgende boek, Responsibility for a globalised world. After Levinas’ humanism, behoort aan die einde van 2010 te verskyn. Hy is die outeur van ’n dertigtal opstelle in Fenomenologie, Hermeneutiek, Filosofie van Tegniek en Godsdiensfilosofie. Van 2007 tot 2010 is hy ’n medewerker van die Kulturwissenschaftliches Institut in Essen, Duitsland.

 

Opgedateer/Updated: 2009-11-05

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Selfkennis, verstandigheid en inkarnasie: ’n interpretasie van Martin Versfeld se Oor gode en afgode

Ernst Wolff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-07-29

"In hierdie artikel word ’n interpretasie van Martin Versfeld se vroeë boek, Oor gode en afgode (1948), aangebied. Die doel van die artikel is om die belangrikste deurlopende argumente van die vyf afsonderlike opstelle van die boek te rekonstrueer en hulle onderlinge verband aan te toon."

Top