Ernst Marais

EJ (Ernst) Marais, ’n alumnus van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Sakereg, het in 2014 by die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van Johannesburg aangesluit, waar hy sakereg doseer. Hy het twee nadoktorale navorsingsgenootskappe voltooi: een met die wyle AJ van der Walt aan die Universiteit Stellenbosch (2012) en een met Hanri Mostert aan die Universiteit Kaapstad (2013). Hy spesialiseer in die onteieningsreg, verkrygende verjaringsreg en sakereg in die algemeen, en het al etlike geakkrediteerde artikels op hierdie gebiede in leidende plaaslike en buitelandse regstydskrifte gepubliseer. Hy is ’n stigterslid van die Expropriation Law Expert Group, lid van ’n internasionale navorsingsgroep oor verkrygende verjaring, wat deel vorm van die Common Core of European Private Law, en ook lid van die adviesraad van die Young Property Lawyers Forum.

EJ (Ernst) Marais, an alumnus of the South African Research Chair in Property Law, joined the Law Faculty at the University of Johannesburg in 2014, where he teaches property law. He previously completed two post-doctoral research fellowships, one with the late AJ van der Walt at Stellenbosch University (2012) and one with Hanri Mostert at the University of Cape Town (2013). His research interests are in expropriation law, acquisitive prescription law and property law generally, and he has published several accredited articles in these areas in prominent local and foreign law journals. He is a founding member of the Expropriation Law Expert Group, a member of an international research group on acquisitive prescription, which is part of the Common Core of European Private Law, and a member of the advisory board of the Young Property Lawyers Forum.

Top