Erik Loots

Ons ingenieurs is nou nie bekend vir ons skryfkuns nie, tog hou almal van 'n paar woorde aanmekaar lap (veral as jy eerder aan jou tesis moet tik). As iemand my Kalaharikind noem, sal ek nie kla nie. Hoekom weet ek nie. Die Boland is dan so fraai met al sy berge. Vyf jaar het ek Nieu-Seeland se woude plat gestap, tog hunker iets binne my altyd na daai plat plek met sy rooi sandduine en nimmereindigende grasvlaktes onderbreek deur immergroen kameeldoringbome wat diep onder die droë grond water vind en drink. Niks braai so lekker soos kameeldoring nie. Hulle sê daai wêreld kweek nie net harde bome nie maar ook harde mense. Ek weet nie so mooi of dit altyd so is nie; wat ek jou wel kan vertel, is dat net soos daai bome het ons mensies ook maar dors. Mag jou wortels diep skiet en jy daai waterstroom vind wat jou blare immergroen laat bloei!

Einstein-kompetisie: Erik Loots

Erik Loots Einstein-kompetisie 2016-05-23

"Ons ingenieurs is nou nie bekend vir ons skryfkuns nie, tog hou almal van 'n paar woorde aanmekaar lap (veral as jy eerder aan jou tesis moet tik). As iemand my Kalaharikind noem, sal ek nie kla nie."

Top