Eric Holmes

Eric Holmes is ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar-juwelier en lektor in Juweliersontwerp aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), waar hy sedert 2007 verbonde is aan die Departement Ontwerp en Ateljeekuns. Hy het ’n Nasionale Diploma in Juweliersontwerp en vervaardiging aan die SUT verwerf, gevolg deur ’n B.Tech-graad in Juweliersontwerp en vervaardiging aan die Universiteit van Johannesburg. In 2016 het hy die graad Magister Technologiae (Ontwerp) aan die SUT voltooi, en in 2025 sy PhD in Hoër Onderwysstudies aan die Universiteit van die Vrystaat. Reeds tydens sy B.Tech-studie het Holmes hom toegespits op die verhouding tussen struktuur, patroon, materiaal en vorm, met besondere aandag aan tesellasie, simmetrie en transformasie as ontwerpbeginsels. Hierdie fokus op die verband tussen ontwerp en vervaardiging het later sy meesters- en doktorale navorsing gevoed. Sy meestersnavorsing het die potensiaal van gespesialiseerde en onderbenutte vervaardigingstegnieke ondersoek om ’n meer unieke en eg Suid-Afrikaanse juweliersontwerpbenadering te ondersteun.

As dosent en navorser fokus Holmes op praktykgebaseerde ontwerpopleiding, tegnologiese verandering en kurrikulumvernuwing. Sy doktorale navorsing het gelei tot die ontwikkeling van die Juwelierspraktyk-kurrikulumassesseringsinstrument (JPKAI), wat ontwerp is om die Industrie 4.0-gereedheid van ’n praktykgebaseerde juwelierskurrikulum sistematies te meet en te verbeter. Die instrument is binne ’n ontwerpgebaseerde navorsingsbenadering ontwikkel en vertaal vakspesifieke vaardighede in meetbare maatstawwe vir kurrikulumdoeltreffendheid (MKD’s). Holmes se navorsing fokus ook op die integrasie van tegnologie in juweliersontwerp en -onderrig, veral die moontlikhede, beperkings en verantwoordelike gebruik van generatiewe kunsmatige intelligensie in die ontwerppraktyk. Hy doseer op diploma-, gevorderde diploma- en nagraadse vlak, met ’n fokus op die verbinding tussen konseptuele ontwikkeling, tegniese vaardigheid en professionele tersaaklikheid.

Potential utility of ChatGPT-4o in jewellery design, factors driving its use, and guidelines for responsible use in higher education studios

Eric Holmes, Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2026-07-30

"The primary purpose of this study was therefore not merely to test a technology, but to develop grounded guidelines for the responsible educational use of GenAI models in jewellery design studios. To achieve this, we answered three sequential research questions: (1) To what extent can ChatGPT-4o be useful during jewellery design? (2) Which factors may drive its use? and (3) How can responsible use be promoted in higher education studios?"

Moontlike nut van ChatGPT-4o tydens juweliersontwerp, faktore wat die gebruik daarvan kan dryf en riglyne vir verantwoordelike gebruik in hoëronderwysateljees

Eric Holmes, Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-07-30

"Ons kon ChatGPT-4o deur opvolgporre lei om innoverende KI-ontwerpe te skep wat ook met gemak gedra kan word. ChatGPT-4o kan tydens die inspirasie- en ideeslypprosesse ingespan word om tyd doeltreffend te benut."

Top