Lindie (Engelina) du Plessis

Lindie (Engelina) du Plessis is tans die direkteur van en volprofessor in die Skool vir Toerismebestuur en ’n senior navorser by TREES (Toerismenavorsing in Ekonomie, Omgewing en Samelewing) aan die Noordwes-Universiteit. Sy spesialiseer in toerismemededingendheid en bestuurskwessies in die toerismebedryf. Sy is dinamies betrokke by die bedryf deur te help met verskeie toerismeprojekte en het in 2024 ’n C2-gradering as ’n gevestigde navorser van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang. Sy is die medeskrywer van ’n boek vir die wildplaasbedryf getitel Hunting and game farm tourism. Sy was verantwoordelik vir 8 hoofstukke in verskeie toerismehandboeke en 52 geakkrediteerde artikels. Sy het 10 meestersgraadstudente en elf PhD-studente gelewer. Sy was ’n paneellid vir die Nasionale Departement van Toerisme en was ’n lid van AIEST (International Association of Scientific Experts in Tourism). Lindie het opleidingsmateriaal vir die Departement van Omgewingsake en Toerisme en die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) ontwikkel. Sy is by CATHSSETA geakkrediteer as ’n assessor, fasiliteerder, afrigter, mentor, ontwikkelaar en ontwerper. Tans is sy ’n lid van The Southern African Institute for Management Scientists en tree op as ’n Exco-lid vir TESA (Tourism Educators of South Africa).

Critical success factors of scuba diving enterprises: a comparative study

Lindie (Engelina) du Plessis Academic research 2025-11-10

"The orientation of this study rests on the understanding that scuba diving cannot be regarded simply as a recreational activity, but rather as a multifaceted business opportunity integrated with sustainable tourism practices, marine conservation, and community involvement."

Kritieke suksesfaktore van duikondernemings: ’n vergelykende studie

Lindie (Engelina) du Plessis LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-11-10

"Skubaduiktoerisme kan bewaringsveldtogte positief beïnvloed, inkomste genereer en plaaslike gemeenskappe ondersteun; daarom is dit belangrik om te verstaan hoe hierdie entrepreneurs funksioneer, netwerke vorm en finansieel lewensvatbaar bly."

The creative presentation of cultural elements within Afrikaner attractions

Esmarie Myburgh, Lindie (Engelina) du Plessis, René van der Vyver Academic research 2023-11-28

"The results confirmed that cultural tourists desire a creative presentation of Afrikaner cultural elements and that these elements and the creative principles should be integrated to offer a positive cultural experience."

Die kreatiewe aanbieding van kultuurelemente binne Afrikanerbesienswaardighede

Esmarie Myburgh, Lindie (Engelina) du Plessis, René van der Vyver LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-28

"Dit is belangrik dat die studie se bydrae nie beperk word tot die Afrikanerkultuur nie. Die rede is dat kultuurelemente ook binne elke ander kultuurkonteks bestaan en dat toeriste wêreldwyd op soek is na kreatiewe kultuurervarings, wat veral ’n multikulturele land soos Suid-Afrika bevoordeel."

Sleutels tot ’n suksesvolle, volhoubare fees

Melt Myburgh, Lindie (Engelina) du Plessis Feeste 2020-01-22

Die navorser Engelina du Plessis deel waardevolle insigte oor wat feeste in Suid-Afrika suksesvol maak.

What makes a wine festival successful? The Robertson Valley story

Lindie (Engelina) du Plessis Academic research 2020-01-07

“Results indicate that the right market, a variety of products, and a personal service approach are some of the most vital factors that lead to a thriving and sustainable wine festival.”

Wat maak ’n wynfees suksesvol? Die Robertsonvallei-storie

Lindie (Engelina) du Plessis LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-01-07

“Wynfeeste is ’n unieke toerismemark wat verder ontgin kan word tot voordeel van die hele vallei, deur die uniekheid van feeste te erken en hierdie faktore verder te ontgin.”

Top