Ena Jansen

Ena Jansen het aan die universiteite van Stellenbosch en Utrecht gestudeer en was 16 jaar lank verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van die Witwatersrand. Tans is sy hoogleraar in Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam, dosent by die afdeling Literatuur en Samenleving aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en ook Navorsingsgenoot aan die Universiteit van Johannesburg. Sy het in 1992 by Wits gepromoveer op haar werk oor Elisabeth Eybers, en haar boek oor die digteres, Afstand en verbintenis, het in Suid-Afrika sowel as in Nederland verskyn.

Ander boeke is onder andere Praktiese Nederlands (saam met Gerrit Olivier), twee Blokboeke oor romans van Karel Schoeman, Boer en Brit (‘n bloemlesing met Afrikaanse en Nederlandse tekste uit en om die Boereoorlog, versamel en ingelei saam met Wilfred Jonckheere; in Afrikaanse en Nederlandse uitgawes,), Briewe uit ou Transvaal (deur die Nederlandse onderwyser Jan Hoogeveen uit die ZAR aan sy vrou op Urk; versamel en ingelei; in Afrikaanse en Nederlandse uitgawes), My ma se ma se ma se ma (saam met Riet de Jong-Goossens en Gerrit Olivier; ’n geredigeerde bundel met lesings uitgespreek toe Ena 5 jaar UvA-hoogleraar was) en Soos familie. Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste (Protea Boekhuis, 2015). ’n Herdruk van Soos familie en die Nederlandse vertaling Bijna familie (Cossee) verskyn in 2016. Anna Barry se Boereoorlogdagboek Ons Japie (met ’n voor- en nawoord deur Ena) verskyn ook in 2016 by Protea.

LitNet Akademies: Ena Jansen in gesprek met Marisa Botha

Marisa Botha, Ena Jansen 2012-08-31 "Ek dink ons leef nou in ’n ander wêreld, waarin mense op webwerwe, blogs, Facebook en deur ander sosiale media hulle persoonlike ervarings met die publiek deel. Die outobiografiese genre het ook baie gegroei in die afgelope paar dekades."

Geskiedenis in woord en beeld: Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal

Ena Jansen 2012-07-06 Ronelda Kamfer het vroeg vanjaar reeds in die harte van poësieliefhebbers by die Zuid-Afrika Huis geklim. Op 31 Januarie het Carina van der Walt haar debuutbundel, Noudat slapende honde (2008), tydens ’n Leeskring-byeenkoms bespreek. Op 22 Mei was Ronelda self aan die Keizersgracht aanwesig, nie slegs toe sy van haar gedigte aan die studente gelees en verduidelik het nie, maar ook tydens ’n spesiale byeenkoms die aand.

Lofrede: 'Krotoa/Eva- penning' voor Riet de Jong-Goossens

Ena Jansen 2012-05-04 Tijdens de jaarvergadering van de Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging op 22 april, werd de Van Riebeeck-penning uitgereikt aan Riet de Jong-Goossens, de vertaalster die door veel Afrikaanse schrijvers wel hun 'tweede stem' wordt genoemd. Ena Jansen sprak de laudatio uit.

"ik hoop dat je mij toch verstaat" - Ad Zuiderent se stemposgedig oor Venda

Ena Jansen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-12-08

"Die artikel is ’n kort huldeblyk aan die Nederlandse digter Ad Zuiderent en boekstaaf sy betrekkinge met die Afrikaanse literêre omgewing by geleentheid van sy 65ste verjaardag."

Top