Elzahne Simeon De Jager

Elzahne Simeon verwerf haar BMW-graad (cum laude) in 2008 aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Sy werk  van 2008 tot 2010 as maatskaplike werker by die Departement Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling se Afdeling Kinder- en Gesinsorg. In 2011 aanvaar sy ’n betrekking as lektor in die Vakgroep Maatskaplike Werk op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Sy verwerf haar meestersgraad in maatskaplike werk in dieselfde jaar. Sy is ’n senior lektor in hierdie vakgroep, met kundigheid in kindersorgaangeleenthede en spesifiek kindersorgwetgewing. Sy het in 2017 haar PhD in maatskaplike werk verwerf. Die fokus van haar studie is op straatkinders en spesifiek die ontwikkeling en evaluering van ’n lewensvaardigheidsprogram vir straatkinders aan die hand van die lewenskaarttegniek. Sy het alreeds vier artikels in geakkrediteerde tydskrifte gepubliseer en gee ook studieleiding aan ’n aantal magisterstudente. Sy het ook ’n verskeidenheid konferensie-aanbiedinge gedoen en is ’n bestuurslid van Thakaneng, ’n geregistreerde kinder- en jeugsorgsentrum in Potchefstroom.

Kollig op akademikus Elzahne Simeon De Jager: kindersorgbeskerming en ’n straatkindersprogram

Elzahne Simeon De Jager SteedsDink 2025-02-13

In hierdie video gesels Elzahne Simeon De Jager oor haar nagraadse studies en navorsing en wat maatskaplike werk in Suid-Afrika behels. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

SteedsDink met LitNet Akademies: Elzahne Simeon De Jager oor haar akademiese navorsing

Elzahne Simeon De Jager SteedsDink 2025-02-13

In hierdie video gesels Elzahne Simeon De Jager oor onder meer kinderregte, voorbereiding van kinders vir die hof en haar huidige navorsing. Sy lewer ook kommentaar oor die gebrek aan hulpbronne vir maatskaplike werkers. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

An analysis of legislation and existing programmes and services for street children in South Africa

Elzahne Simeon De Jager, Alida Herbst, Herman Strydom Academic research 2018-04-12

"Cooperation between all the organisations involved in working with street children is not always coordinated and streamlined, which hinders the endeavours towards the best interest of street children."

Die ontleding van wetgewing en bestaande programme en dienste vir straatkinders in Suid-Afrika

Elzahne Simeon De Jager, Alida Herbst, Herman Strydom LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-04-12

"As daar in die beste belang van straatkinders opgetree moet word, sal al die uitdagings op die beste wyse aangepak moet word, ten spyte van nasionale en internasionale finansiële tekorte."

Top