Elzahn Rinquest

Elzahn Rinquest is ’n dosent in die Universiteit Stellenbosch se Departement van Opvoedkundigebeleidstudies. Sy doseer op die gebied van sosiologie van opvoedkunde asook opvoedkundige beleid en bestuur. Elzahn het 12 jaar se ervaring as opvoeder by verskeie staatskole opgedoen. Sy het die laaste agt jaar van haar loopbaan as onderwyser en bestuurder in spesiale onderwys gewerk.

Elzahn het in 2021 haar doktorsgraad onder leiding van prof Aslam Fataar aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Haar navorsingsfokus vir haar PhD was pedagogiese plekinruimingspraktyke van onderwysers by ’n spesiale skool. Haar passie en navorsingsrigting word deur haar ervarings gedryf en sy fokus op inklusiewe onderwys, diversiteit en sosiale geregtigheid.

The marginalised positioning of teachers at a special needs school in Cape Town by neoliberal management practices

Elzahn Rinquest Academic research 2021-12-08

"It is also found that Canaan’s institutional tone has come to be characterised by a discourse of managerialism. This institutional culture provides the context within which the teachers act and operate, which, in essence, isolates them in their classrooms."

Die gemarginaliseerde posisionering van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke

Elzahn Rinquest LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-08

"Die bevindinge en gevolgtrekkings in hierdie studie bied ’n blik op die veelvuldige realiteite waarvoor onderwysers te staan kom wat die KABV vir ’n uiteenlopende groep studente in inklusiewe klaskamerruimtes, hetsy by hoofstroom-, voldiens- of spesiale skole, moet aanbied."

Top