Elza Smal

Elza Smal (nee Dippenaar) is gebore op 14 Junie 1959 te Kimberley en woon tans in Vredendal teen die Weskus.

Sy is getroud met Lennox Smal en het vier kinders. Theresa, Rowland, Johann en Mark.

In 2005 word sydeur die (ASV ) gevra om aan ’n voor leesprogram by die Cederbergfees te Clainwilliam op te tree. Sy woon kreatiewe slypskole vir digters te Universiteit Stellenbosch en Potchefstroom by.

Na ’n kreatiewe skryfskool vir beginners word sy deur die ASV aangewys as Maskam Streekverteenwoordiger koördineerder. Sy word betrek by die Maskam Storievertellers Vereniging te Vredendal en word op die bestuur aangestel. Sy reël twee suksesvolle kreatiwiteit werkswinkels vir die plaaslike tak van Kuns en Kultuursake, te Brandsebaai.

Woordkuns oggende word ook suksesvol deur haar gereël en gelei. Radio Namakwaland 'n gemeenskapsradiostasie nooi haar, saam om by Eben Cruywagen ‘n afrondings radiodrama kursus by te woon. Van haar gedigte word op die plaaslike radio stasie voor gelees. Vier van haar gedigte is deur leerders voor gedra by die Eisteddfod waar goud en dubbele goud verwerf is.


Sy is ook vryskut joernalis by die plaaslike koerant "eish". Negentien van haar gedigte is op ’n cd ‘POUVEER' opgeneem en vrygestel. Die cd verwerf ‘n toekenning van die ASV as beste debuut album.

Die gedig "KARTONDOOSKIND" word in die bundel "DEPARTING DAWN" opgeneem en kry ’n derde plek in Afrika. "PARSTYD" word in die bundel "VENTURING VISTAS" opgeneem. Verskeie ander gedigte word in saamry bundels gepubliseer. Vyf van haar Afrikaanse en na engels vertaalde gedigte verskyn in die saamry bundel van EKM Dido 'Diversity is Power'.

Sy is ook fasiliteerder vir storievertel en skryfkuns by verskeie werkswinkels.

Tans is sy besig met die skryf van ‘n roman, wat hopelik gou die lig sal sien.

Visuele kuns is op die oomblik ’n stokperdjie. Sy is ook vir 2 jaar agtereenvolgend voorsitter van die Weskus Kunsvereniging. Suksesvolle uitstallings by Lutzville Wynkelder en Dept. Economic Development and Tourism.

Opgedateer/Updated: 2010-03-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Liefde op papier: Een

Elza Smal 2015-01-06  Opgekrul in die koepel van jou arm
die hele wêreld oorwin
Soos ’n fetus drywend in slaap
gevul met droom
Top