Elsje Cronjé

Elsje Cronjé is senior lektrise by die Departement Sielkunde, Unisa. Sy doseer ontwikkeling- en terapeutiese sielkunde en gee studieleiding aan M- en D-studente wat hoofsaaklik kwalitatiewe navorsing doen. Sy is ook ’n geregistreerde voorligtingsielkundige by die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB, of in Engels HPCSA). Sy het die BPsig-Ekwivalensie-program by Unisa vir tien jaar (tot 2011) georganiseer – deur middel van hierdie program kan studente by die RGB registreer as beraders (’n redelik onlangse registrasie-kategorie, ’n vlak onder dié van sielkundige). Haar navorsingsbelangstelling is in die veld van vrywillige werk en geregistreerde beraders.


Dae in die lewens van vrywillige werkers: Belewenisse van studente-vrywilligers

Elsje Cronjé 2012-10-24 "Die bewustheid dat vrywilligers nie net mense help en hul gemeenskappe dien nie, maar dat die werk wat hulle doen ook gevolge vir hulle self het, het my genoop om kwalitatiewe navorsing hieroor te doen en uit te vind wat ons studente beleef."

Elsje Cronjé gesels met Jan Bodenstein en Awie Greeff: Pa's se betrokkenheid by hulle seuns

Elsje Cronjé, Jan Bodenstein, Awie Greeff, Elsje Cronjé 2011-03-29 Elsje Cronjé gesels met Jan Bodenstein en Awie Greeff oor hulle artikel “Persepsies van hoe pa’s by hul seuns betrokke behoort te wees” in LitNet Akademies. Julle navorsing vul beslis ’n ...
Top