Molopo
2013-06-17Sy sit onder 'n matloppieboom en staar na die lae swarthaak- en sekelbosruigtes voor haar. Van duisende koringkrieke wat in hulle takkies rondklim en skril en eentonig skree, bewe die bossies. Sy skud haar hare ongeduldig agteroor. Dawid kom nie, hy bel nie, skryf nie. Dit is 'n voldonge feit wat sy moet aanvaar.
