Elna Barnard

Elna Barnard is ’n senior lektor by die Kaapse Skiereiland se Universiteit vir Tegnologie, by die Wellington Onderwyskampus. Sy is verantwoordelik om die vakke Graad R Onderrig asook Professionele Praktyk 1, 3 en 4 (Graad R) aan voorgraadse studente te onderrig. Sy is verantwoordelik vir die BEd Honneursgraad in die Grondslagfase en tree ook op as ’n supervisor vir die BEd Honneursgraad wat fokus op Inklusiewe Onderwys.

Elna het haar PhD-graad verwerf wat gefokus het op die ervaringe van Graad R onderwysers om gesyferdheid in Graad R-klaskamers te implementeer. Sy het as ’n supervisor en mede-supervisor opgetree vir 5 MEd-studente (waarvan twee hul MEd-grade summa cum behaal het) wat gefokus het op Outisme, Taalhindernisse, Beweging in Graad R, Gesyferdheid en Geletterdheid in die Grondslagfase.

Verder het Elna het ook opgetree as ’n eksterne moderator vir 6 MEd tesisse, wat gewissel het van Inklusiewe Onderwys, Wiskunde, Tale in Onderwys en Lewensvaardighede. Sy evalueer ook gereeld artikels in publikasies wat fokus op Graad R, Gesyferdheid, Geletterdheid, Inklusiewe Onderwys en Tegnologie.

Mathematical support for isiXhosa-speaking learners in the foundation phase

Tanja Kotzé-Coetzer, Candice Livingston, Elna Barnard Academic research 2022-11-22

"To better understand how to use teaching and learning strategies to improve isiXhosa-speaking learners’ understanding of mathematics in English Grade 1 classrooms, the focus of this article was to explore, describe, and understand Grade 1 teachers’ perceptions on this topic."

Wiskunde-ondersteuning vir isiXhosasprekende leerders in die grondslagfase

Tanja Kotzé-Coetzer, Candice Livingston, Elna Barnard LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-11-22

"Hierdie artikel spreek die onderrig- en leerstrategieë aan wat gebruik word om isiXhosasprekende leerders se begrip van wiskunde in Engelse graad 1-klaskamers te verbeter."

LitNet Akademies (Skole): Elzette Steenkamp gesels met Elna Barnard van die Grahamstadse Onderwys Distrikkantoor

Elzette Steenkamp, Elna Barnard 2012-05-23 Elzette Steenkamp gesels met Elna Barnard oor die wiskunde- en wetenskapgerigte projekte van die Grahamstadse Onderwys Distrikkantoor.
Top