Elizabeth Deysel

Elizabeth Deysel is 'n tolk in die Taaldiens van die parlement van die Republiek van Suid-Afrika. Sy het haar tolkloopbaan in 2008 by die Universiteit van die Vrystaat begin, waar sy aangestel was as tolk en deeltydse dosent. Sy was koördineerder van 'n projek tussen die universiteit en die Departement Justisie om 100 hoftolke regoor Suid-Afrika in 'n Nasionale Diploma op te lei. In 2013 is sy aangestel as tolk by die Universiteit Stellenbosch in die Fakulteit Ingenieurswese. Sy is tans besig met navorsing wat fokus op rekenaargesteunde tolkopleiding en die gebruik daarvan in die ontwikkeling van selfassesseringsvaardighede in tolke.

Einstein-kompetisie: Elizabeth Deysel

Elizabeth Deysel Einstein-kompetisie 2016-05-20

Elizabeth is 'n tolk in die Taaldiens van die parlement van die Republiek van Suid-Afrika. Sy was koördineerder van 'n projek tussen die Universiteit van die Vrystaat en die Departement Justisie om 100 hoftolke regoor Suid-Afrika in 'n Nasionale Diploma op te lei.

Top