Eleanor Addinall

Eleanor Addinall het haar honneursgraad in Sielkunde (BA Psigologie), BA Honneurs in Praktiese Teologie en meestersgraad in Pastorale Terapie (MA) aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Sy het daarna haar doktorsgraad in Pastorale Terapie (PhD) aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Van 2005 tot 2014 het Eleanor as fasiliteerder in lewensvaardighede by die Universiteit van die Vrystaat gewerk. Sedert 2014 is sy ’n dosent in sielkunde by Sol Plaatje Universiteit in Kimberley.

Eleanor se navorsingsbelangstellings sluit pastorale berading en spelterapie in. Haar passie is om meisies en vroue te help om hulself deur God se oë te sien, te waardeer en te koester. Sy is getroud met Steven Addinall en hulle het twee dogtertjies.

The believing woman’s bodily discontent: A holistic pastoral perspective

Eleanor Addinall LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-12-09

"A key discovery is the strong link between bodily discontent and a spiritual void – specifically, a failure to base one’s identity and worth on God’s unconditional love and the truth of being created in God’s image."

Die liggaamsonvergenoegdheid van die gelowige vrou: ’n holistiese pastorale perspektief

Eleanor Addinall LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-12-09

"Die bevindinge toon dat liggaamsonvergenoegdheid ontstaan uit die wisselwerking tussen eksterne druk en interne kognitiewe faktore. Die deurslaggewende faktor is egter ’n geestelike leemte, ’n versuim om jou identiteit op God se liefde te grondves – wat lei tot destruktiewe gedrag en ernstige gevolge soos eetversteurings."

Top