DJ Cloete

DJ Cloete is ’n dosent in Opvoedkunde by Akademia en het ’n BA-graad in Tale asook ’n honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy het ook sy NGOS-kwalifikasie by Akademia verwerf. DJ het ’n wye belangstelling in die werkinge van taal en het al meegewerk aan internasionale projekte wat insluit Skryfhulp Afrikaans. Voor die aanvang van sy posisie was hy was ’n lektor in taalkunde aan die Noordwes-Universiteit en ook nou betrokke by projekte wat deur ICELDA en SADiLaR geloods is. Hierdie projekte se doel is om hulpmiddels daar te stel wat studente kan ondersteun tydens hulle akademiese loopbaan en om meertaligheid binne die hoëronderwyskonteks te bevorder. Hy was ook projekbestuurder van ’n nuwe boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans, getitel Toegepaste Taalkunde in Afrikaans (2022). DJ se navorsingbelangstellings is Variasietaalkunde en Rekenaargesteunde taalonderrig. Hy doseer tans die volgende modules: OAFGI260 en OPOIF260 as deel van die BEd-program en OATOL150 en OAASN171 as deel van Akademia se NGOS-aanbod.

Assessment of academic essays: a comparative study between ChatGPT-4o as an AI-based assessment tool and traditional lecturer-based assessment

DJ Cloete, Chris-Mari Le Hanie Academic research 2025-08-19

"The study concludes that while ChatGPT-4o has potential as an assessment aid, it does not yet meet the standards required for independent grading of academic essays. AI lacks the ability to fully capture cultural, contextual, and finer nuances of academic writing."

Die assessering van akademiese opstelle: ’n vergelykende studie tussen ChatGPT-4o as KI-gebaseerde assesseringshulpmiddel en tradisionele dosentgebaseerde assessering

DJ Cloete, Chris-Mari Le Hanie LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-19

"Ons het bevind dat hoewel ChatGPT-4o vinnige en objektiewe terugvoer gebied het, dit nie volledig aan die beginsels van gehalteassesseringspraktyke voldoen het nie."

A postgraduate diploma in language education is indispensable, but what should it look like? An exploratory study

Annelise de Vries, Nic de Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, Karien Brits Academic research 2023-10-27

"In a world characterised by globalisation and interconnectedness through digital communication channels, there is a growing eagerness among young individuals to acquire additional languages, recognising the value they hold for personal and professional growth."

’n Verkennende studie vir die implementering van ’n nagraadse diploma in taalonderwys by ’n Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling

Annelise de Vries, Nic de Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, Karien Brits LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-27

"In ’n geglobaliseerde wêreld wat al hoe meer verbind word deur digitale kommunikasiekanale, is jongmense ywerig om bykomende tale aan te leer vir beide hul persoonlike en professionele ontwikkeling."

Top