Dirk van der Merwe

Dirk van der Merwe se akademiese loopbaan begin in 1974 aan die Universiteit van Pretoria, waar hy al sy grade en diplomas verwerf het. Hy was vir ’n paar jaar predikant in Kollegepark, in die Nederduitse Gereformeerde Kerk te Vanderbijlpark en vir enkele jare betrokke by Campus Crusade for Christ se opleidingsentrum in Pretoria. In 1988 word hy aangestel as lektor in Bybelkunde aan die Universiteit Vista. Daar het hy die vak Nuwe Testament doseer tot 2004, toe Vista met Unisa saamgesmelt het. Van 2004 tot 2011 het hy Nuwe Testament aan Unisa doseer en is vanaf 2012 tot nou dosent in Christelike Spiritualiteit te Unisa. Sy belangstellingsvelde is in die besonder die corpus Johanneum, metodologie, dissipelskap, vroeg-Christelike spiritualiteit en in ’n mindere mate die corpus Paulinum.

Onderhoudend: Dirk van der Merwe

Dirk van der Merwe, Christo Lombaard 2014-04-08 "In die Bybel word die wonderlikste etiese waarhede en riglyne vir dienooreenkomstige optredes aan lesers gebied."

Eenheid as matriks van die spiritualiteit van die Evangelie volgens Johannes

Dirk van der Merwe LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2014-03-05

In hierdie artikel word die eenheidsbegrip, wat die matriks van die Johanneïese spiritualiteit vorm, ondersoek. Vir die skrywer van hierdie Evangelie is die eenheid tussen Jesus en sy dissipels gegrond op die eenheid tussen Jesus en die Vader.

Top