Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Dennis Fredericks, Theressa Frantz en Konrad Geldenhuys
2020-11-27’n Derde van die wêreld se vishulpbronne word oorbenut, en die situasie word erger. Sedert 1990 het verbruik van wilde vis met 122% toegeneem, veel vinniger as die bevolkingsgroei. Op 21 November is Wêreld-Visseryedag gevier. Freek Robinson gesels met Dennis Fredericks, waarnemende hoofdirekteur: marinehulpbronnebestuur (Departement Visserye), Theressa Frantz, voorsitter van die Alliansie vir Verantwoordelike Vissery en Konrad Geldenhuys, direkteur: bemarking van die visserymaatskapy Sea Harvest.

