De la Rey Marais

Prof De la Rey Marais het in 1978 die graad BEcon aan die Universiteit Stellenbosch behaal. In 1979 het hy sy BEd aan die Universiteit van Johannesburg behaal, en in 1982 sy MEd. Hy het die graad PhD Ed in 1985 aan die Noordwes-Universiteit behaal.

Hy was Departementshoof (Didaktiese Opvoedkunde) by die Noordwes-Universiteit vanaf 1987 tot 1996, en is sedertdien besigheidseienaar en direkteur van Kodak Express, Potchefstroom. Hy was ook van 1978 tot 1996 mediakundige vir Bybelkor.

Hy is die skrywer van vier boeke oor didaktiese opvoedkunde en 33 artikels in vaktydskrifte.

Hy stel belang in godsdiensgeskiedenis en vergelykende godsdiensmitologie en doen ook navorsing daaroor.

 

Opgedateer/Updated: 2011-05-30

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

LitNet Akademies: De la Rey Marais gee sy mening oor die Jesus Seminaar

De la Rey Marais, De la Rey Marais 2011-05-30 De la Rey Marais reageer op die artikel “Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van ’n buitestander” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Sakkie Spangenberg. Agtergrond Spangenberg ...
Top