Daniel Hugo Jr.

Die lewe van ’n oudste kind, my lewe... jy kry die meeste aandag tot die ander kom, dan moet jy maar self sien en kom klaar. Hopelik onthou my ouers weer van my wanneer dit eendag tyd is om studiegelde te betaal. Ek is die oudste van vier kinders en by verre die verantwoordelikste.

Ek is sestien jaar oud en in gr. 10 by die Hoërskool DF Malan. Gedurende die skooldag is my gunsteling-vak ekonomie. Ek het ’n passie vir skryf en hou daarvan om allerhande nonsens op papier neer te pen.

Ek koester graag uiters kontroversiële idees wat heeltemal gaan teen alle opinies wat my vriende al ooit gehad het. Dit het tot gevolg dat hulle op my skree en kwaad word. Ek wonder gereeld by myself... is dit omdat hulle werklik nie saamstem nie, of maak ek ’n ‘ander ek’ binne hulle wakker wat hulle nie wil ontmoet nie?

WF 2015: Die einde is ’n nuwe begin

Daniel Hugo Jr. Kuberklas Kreatief 2015-05-19

In die begin is dit ’n raaiskoot in die donker gedoop, later bekend as wetenskaplike voorspellings, nou ons realiteit.

Top