Daléne Flynn

Daléne Flynn is ’n vaste-termyn-leraar verbonde aan die NG Kerk Garsfontein. Sy is ook ’n gekwalifiseerde Life-cycle Celebrant® wat spesialiseer in begrafnisse en troues. Sy is deeltyds verbonde aan die Departement Praktiese Teologie by die Universiteit van Pretoria as postdoktorale navorser. Daléne het in 2015 haar PhD in praktiese teologie aan die Universiteit van Pretoria behaal. Die titel van haar proefskrif was “Aanbidding, sport en sosiale kohesie: ’n ruimtelik-liturgiese perspektief”. Twee artikels gebaseer op hierdie werk is reeds gepubliseer. Sy het ’n hoofstuk geskryf in Jong teoloë praat saam ... oor God, gemeentes en geloof. Hierdie boek was die wenner van die 2016 Desmond Tutu-Gerrit Brand Prys vir ’n debuutwerk in ’n amptelike Suid-Afrikaanse taal. Verder het sy bygedra tot ’n nie-akademiese boek Wat sê jy? wat  in 2016 by Carpe Diem Media verskyn het. Sy wil graag ’n bydrae lewer om Afrikaans te bevorder en het reeds materiaal vir die International Sports Coalition in Afrikaans vertaal. Sy het in 2016 ’n postdoktorale beurs van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang en is trots daarop om ’n PhD in Afrikaans te kon doen en om steeds in Afrikaans te kan skryf.

The liturgy of the 1995 Rugby World Cup: a spatial-liturgical reflection through the lens of a social cohesion model

Daléne Flynn Academic research 2017-07-13

"There are moments in history that contribute greatly to the social cohesion of an entire community and even nation. In this article, the author reflects on a specific moment in the history of South Africa that captured the attention of people all over the world as an example of such a contribution."

Die liturgie van die 1995-Wêreldrugbybeker-eindwedstryd: ’n ruimtelik-liturgiese refleksie deur die lens van ’n sosiale-kohesie-model

Daléne Flynn LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-07-13

"Teologie wil gemeenskappe dien. As sport sosiale kohesie bevorder, kan die teologie nie sy oë daarvoor sluit nie."

Top