Daleen Kruger

Daleen Kruger het aan die Hoërskool Tuine gematrikuleer. Sy behaal ’n BA in sosiale wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (destyds PU vir CHO), waar sy by die studente se skrywerskring betrokke raak en ook gedigte skryf.

In 1990 vertrek sy na die Wes-Kaap en ontdek Churchhaven. Vir twee jaar woon sy in die vissersgemeenskap. Sonder elektrisiteit en lopende water. Churchhaven inspireer haar tot fotografie en skilderkuns.

Daarna begin sy werk as Darling se toerismebeampte. In dié tyd is sy ook Die Burger se plattelandse korrespondent aan die Weskus. Sy raak betrokke by Weskus- en Swartland- en Wes-Kaap-Toerisme, en ook by Darling se jaarlikse opelug- passiespel. In 2000 trek sy na Yzerfontein en open haar eie ateljee, Whale Tales Studio, waar sy op keramiekbeeldhouwerk fokus.

In 2006 skryf sy haar eerste vollengte-drama, Die Maket (finalis in die Sanlam Dramateks-kompetisie.) In 2008 volg Jonas (finalis in die Nagtegaal Teksprys-kompetisie), met Churchhaven se ou walvisfabriek as agtergrond.

In 2009 volg Draadwerk (finalis in die Nagtegaal Dramateks-kompetisie).

Daleen vind ’n tuiste in drama as genre. Drama voel vir haar soos “die beeldhou van woorde”.

 

Opgedateer/Updated: 2009-11-03

Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top