Daantjie Badenhorst het aan die voormalige Technikon Pretoria in die joernalistiek gestudeer. Hy het drie en ’n half jaar as subredakteur by Beeld gewerk. Hy is deesdae inhoudsredakteur van www.dinamiet.co.za, ’n webtuiste oor plaaslike musiek. Hy doen tans vertaal- en proefleeswerk vir die Universiteit van Pretoria, en skryf ’n reeks artikels vir die Outismevereniging. Hy is ook ’n motorliefhebber wat ’n gereelde blog vir die tydskrif Car skryf. Hy het Noot vir noot en Flinkdink in onderskeidelik 2004 en 2005 gewen.
Opgedateer/Updated: 2011-11-16
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za