Cornia Pretorius

Cornia Pretorius is ’n lektor-praktisyn verbonde aan Noordwes-Universiteit se Skool vir Kommunikasie waar sy joernalistiek en verwante vakke doseer op voor- en nagraadse vlak. Sy het ’n meestersgraad in kommunikasie (joernalistiek) en is ’n PhD-kandidaat. Haar studiefokus en navorsingsbelangstellings sluit in misinformasie en vals nuus, joernalistiekpraktyk en -kultuur, joernalistiek as geskiedskrywing, Suid-Afrikaanse mediageskiedenis en sportjoernalistiek, gemeenskapsjoernalistiek en aspekte verwant aan joernalistieke gehalte. Sy het voorheen op permanente en vryskutbasis in die kommunikasiebedryf gewerk as joernalis, konsultant, inhoudskepper en skrywer, radio-aanbieder en projekbestuurder. Haar fokus was egter hoofsaaklik op joernalistiek. Sy het vir sowat 20 jaar as joernalis by verskeie Suid-Afrikaanse publikasies gewerk, ingesluit Beeld, Sunday Times en Mail & Guardian, waar sy die redakteur was van twee onderwyspublikasies, naamlik The Teacher en Higher Learning. Haar werk as spesialis-onderwysjoernalis het dit vir Pretorius moontlik gemaak om ses maande as ’n Reuters-genoot aan die Oxford-universiteit in die Verenigde Koninkryk deur te bring. As praktisyn is sy steeds betrokke in joernalistiek as die Afrika-redakteur van die aanlynpublikasie, University World News. Pretorius is die skrywer van die boek Forging Unity: The story of the North-West University’s first year wat sy as deel van haar meesterstudie geskryf het.

The impact of the COVID-19 pandemic on South African local newspapers: experiences and perceptions

Thalyta Louw Swanepoel, Cornia Pretorius Academic research 2022-08-24

"Based on the findings, corporate-owned commercial newspapers were affected the most. According to the perceptions of employees, owners did not do enough to support the sector."

Die impak van die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaanse gemeenskapskoerante: ervaring en persepsies

Thalyta Louw Swanepoel, Cornia Pretorius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-24

"Die langtermynoorlewing van gemeenskapskoerante kan egter nie die alleenverantwoordelikheid van individuele redakteurs en joernaliste wees nie. Die sektor as geheel het ’n plan nodig."

Top