Colleen du Plessis

Colleen du Plessis is ʼn dosent in die Departement Engels aan die Universiteit van die Vrystaat, waar sy hoofsaaklik vir die samestelling en aanbied van taalontwikkelingsmodules vir eerstejaar-onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde verantwoordelik is. Op navorsingsgebied lê haar belangstelling veral by taaltoetsing en die ontwerp van geldige toetse van geïntegreerde taalbeheersing. As deel van haar meestersgraad het sy ʼn tweede weergawe ontwikkel van die Test of Academic Literacy for Postgraduate Students (TALPS). Sy werk tans aan ʼn doktorsgraad oor die vergelykbaarheid van standaarde en konstrukte in die eksaminering van eerste tale op graad 12-vlak binne die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel. Sy het al etlike artikels in geakkrediteerde tydskrifte gepubliseer en talle kongresreferate oor haar navorsing gelewer. Voor haar betrokkenheid by die Departement Engels het sy onder meer poste beklee as radiojoernalis by die SAUK, professionele tolk by die Vrystaatse wetgewer en die Universiteit van die Vrystaat, en vertaler en onderwyser.

The assessment of home languages in the South African National Senior Certificate examinations – ensuring fairness and increased credibility

Colleen du Plessis, Sanet Steyn, Albert Weideman Academic research 2016-04-29

"Inasmuch as the curriculum and assessment standards may help to organise what should happen in the classroom, they provide no guarantee of contributing towards the quality of education and assessment practices, or of ensuring equivalence across different language examinations."

Die assessering van huistale in die Suid-Afrikaanse Nasionale Seniorsertifikaateksamen – die strewe na regverdigheid en groter geloofwaardigheid

Colleen du Plessis, Sanet Steyn, Albert Weideman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-04-28

"In soverre die kurrikulum en assesseringstandaarde mag help met klasbeplanning, bied hulle steeds geen waarborg dat dit ’n bydrae sal lewer tot die gehalte van onderrig en assesseringspraktyke, of die versekering van ekwivalensie oor verskillende taaleksamens heen nie."

Top