Ek is ’n entoesiastiese en aspirerende taalpraktisyn wat onlangs my studies aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het. Ek het my graad in BA Taal en Kultuur verwerf en het verder studeer om my nagraadse studie in Vertaling te voltooi. Verder het ek die geleentheid gehad om deur my internskap by die US Taalsentrum my vaardighede uit te brei en meer te leer oor die taalpraktyk asook inhoudskepping en kommunikasie.
In my strewe na afgeronde kundigheid het ek ook onlangs ’n kortkursus in effektiewe mediakommunikasie voltooi, wat my vermoë om boeiende vertellings te skep en met uiteenlopende gehore te skakel, verbeter het. Terwyl ek voortgaan om as ’n taalpraktisyn te ontwikkel, is ek opgewonde om by te dra tot die wêreld van kommunikasie en om mense deur die krag van woorde te bereik.