Christina Landman

Christina Landman is in Pretoria gebore. Sy het vyf onderskeidings in haar matriekjaar behaal, waarna sy ses grade (cum laude) in onder andere Grieks, Vertaling, Latyn, Kerkgeskiedenis en Pastorale Terapie behaal het. Sy is die skrywer van 10 akademiese en populêre boeke en nagenoeg 61 artikels (waarvoor sy in 2007 ‘n toekenning van Unisa ontvang het vir die vrou wat aan Unisa die meeste akademies publiseer), en het tot dusver 49 referate by nasionale en internasionale konferensies aangebied. Sy doseer die afgelope 30 jaar teologie aan die Universiteit van Suid-Afrika, is 'n direkteur (Navorsing) van die Navorsingsinstituut vir Teologie en Religie, Unisa en is tans besig met navorsing oor gelowe oor siekte en genesing onder plaaswerkers in Limpopo.

Christina is die eindredakteur en medeskrywer van Leefstyl-Bybel vir Vroue, wat in 2004 die Christelike Boekskrywers van Suid-Afrika se Boek van die Jaar-toekenning gekry het.

Sy werk die afgelope sewe jaar as 'n vrywillige berader by Kalafong Hospitaal, Attridgeville, Gauteng, en ook twee jaar deeltyds as 'n IPV by die Pretoria Vrouegevangenis. Daarbenewens is sy ook die afgelope 15 jaar rubriekskrywer van Beeld se "Godsdiens-Aktueel".

Opgedateer/Updated: 2008-06-17
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Gee my die kaas en melk, en vat die bloed en wyn vir jou

Christina Landman 2012-05-02 Ek vra maar net hoe bloed tegelykertyd simbool van teenoorgestelde dinge kan wees. Simbool van verlossing. En simbool van verdoeming.
Top