Chris Nagel is in 1954 in Pretoria gebore en het daar gematrikuleer. Na voltooiing van sy nasionale diensplig het hy die grade BA (Regte), LLB en LLD aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy akademiese loopbaan het by Unisa begin en hy het in 1982 by UP aangesluit, waar hy sedert 1987 ’n professor is. Hy doseer hoofsaaklik besondere kontrakte en verhandelbare dokumente. Hy is die skrywer van ’n groot aantal artikels, aantekeninge, vonnisbesprekings, resensies en hoofstukke in handboeke. Hy het in die redaksies van etlike regstydskrifte gedien en is tans die redakteur van Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg.